Derde Dinastie van Ur

𒋀𒀕𒆠
URIM2KI

Derde Dinastie van Ur
2112 v.C. – 2004 v.C.
Ligging of Ur III
Ligging of Ur III
’n Kaart van Ur III en sy invloedsfeer.
Hoofstad Ur
Taal/Tale Sumeries, Akkadies
Regering Monargie
Lugal (koning)
 - c. 2112-2095 v.C. Ur-Nammu (eerste)
 - c. 2028-2004 v.C. Ibbi-Sin (laaste)
Historiese tydperk Bronstydperk
 - Stigting 2112 v.C.
 - Ontbinding 2004 v.C.
Vandag deel van Vlag van Irak Irak
Vlag van Iran Iran
Vlag van Sirië Sirië
Vlag van Libanon Libanon

Die Derde Dinastie van Ur, ook genoem die Neo-Sumeriese Ryk, verwys na die Sumeriese dinastie van die 22ste en 21ste eeu v.C. (middelchronologie) wat in die stad Ur gebaseer was. Dit was ’n kortstondige politieke staat wat sommige historici beskou as ’n ontluikende ryk.

Die Derde Dinastie van Ur word soms as Ur III afgekort. Dit is genommer met verwysing na vorige dinastieë, soos die Eerste Dinastie van Ur (26ste-25ste eeu v.C.), maar dit lyk of die sogenaamde Tweede Dinastie van Ur nooit bestaan het nie.[1]

Die dinastie was die laaste Sumeriese dinastie wat in Mesopotamië aan die bewind gekom het. Dit het ontstaan ná ’n paar eeue van beheer onder Akkadiese en Goetese konings. Die het die stede Isin, Larsa en Eshnunna ingesluit en so ver noord as Bo-Mesopotamië gestrek. Dit verteenwoordig ’n Sumeriese renaissance ná die val van die Eerste Dinastie van Ur.

  1. Frayne, Douglas (2008). Pre-Sargonic Period: Early Periods, Volume 1 (2700-2350 BC) (in Engels). University of Toronto Press. p. 910. ISBN 978-1-4426-9047-9.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search